Om hierdie artikel in .pdf formaat af te laai (Kliek Hier) LW: Die .pdf weergawe bevat foto's.
Volta à Bíblia
Centro de Formação
CP. No 7 Macia, Gaza
Moçambique
Cel: 82 316 4210
Desember 2011
Liewe Familie & Vriende
"Daarop sê Jesus vir hom: "Dit verseker Ek jou: As iemand nie nuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie" Joh.3:3
Ons het in die laasste kwartaal nuut met mekaar gepraat en saam gedink oor verlossing: Wat is nodig daarvoor? Hoe gebeur dit? Is dit net 'n gebedjie agter iemand anders opsê? Instem om Jesus aan te neem? Wat is die rol van bekering (wegdraai van sonde) daarin? Hoekom is die pad na die hemel so smal – wat is die fyn lyne wat geloop moet word? Dit was 'n verfrissende gesprek wat my eie oë weer laat oopgaan het vir die noodsaak van nuwe geboorte – soos Jesus hier verduidelik.
In Jonas (een van ons onderwysers) se kerk, was die vrug hiervan en van die seminaar oor die geesste wat by die skool aangebied is dat vir die eerste keer in die kerk se geskiedenis, lidmate na vore gekom het met hulle toorgoed om dit te verbrand – oor hulle nie verder daarmee wil lewe nie. Hy sê self dat dit vir hom aan die einde van 'n baie moeilike jaar met soveel stryd soos 'n glas koue water na 'n snikhete dag was. Ook in Calvin se kerk het mense spontaan begin opstaan en hulle sondes bely. Loof die Here saam met ons hiervoor. Mag nuwe geboorte homself in nuut leef bewys.
Hier was 'n paar spesiale groepe mense hier verby: Die jeug van Wonderboom gemeente wat 'n besproeing sisteem kom insit het, 'n paar jongmense van "Living Waters" kerk in Sabie wat vir 'n paar dae by plaaslike families kom woon het as deel van hulle gereedmaak vir ondersteuning aan die plaaslike kerke. 'n Groepie uit Transkei (van die VGK) het met ons studente kom werk oor die huwelik. Nog 'n spesiale groep was Carol se broer wat met 'n groep van sy studente uit Amerika hier kom leef en werk het vir amper 3 weke. Behalwe bietjie "gesonde ontspanning" op ons werf het hulle ook in Pedro se village gaan bly vir 'n paar dae. Hulle "lewende" getuienis en sensitiwiteit vir die plaaslike mense en hulle kultuur was vir ons 'n inspirasie. 'n Groot DANKIE aan elkeen van hierdie spesiale gaste.
Die laasste seminaar was 'n hoogtepunt: Die kerkleiers van Coshumbane het ons gevra om 2 seminare tergelyker tyd aan te bied: Een vir die jeug en die ander vir volwassenes. Weens tekort aan mannekrag met ons 'n groep wat spesialiseer in jeugwerk – Palavra da Vida (Woord van die lewe) – gevra om te kom help. By elk van die 2 seminare was daar rondom 60 deelnemers. Dis uitsonderlik vir 'n klein village in die bos! Loof die Here daarvoor!
Die laasste seminaar was 'n hoogtepunt: Die kerkleiers van Coshumbane het ons gevra om 2 seminare tergelyker tyd aan te bied: Een vir die jeug en die ander vir volwassenes. Weens tekort aan mannekrag met ons 'n groep wat spesialiseer in jeugwerk – Palavra da Vida (Woord van die lewe) – gevra om te kom help. By elk van die 2 seminare was daar rondom 60 deelnemers. Dis uitsonderlik vir 'n klein village in die bos! Loof die Here daarvoor!
Soos die jaar begin het, so het hy ook geeindig: Dissiplinêre aksies. Hierdie was 'n jaar vol wonderlike oorwinnings en erge stryd. Ons moes nog 2 studente huis toe stuur weens onaanvaarbare gedrag. Nog 2 het dissiplinêre briewe gekry vir gedrag wat nie strook met die evangelie nie. Bid asb. vir die studente. Die redes vir die dissiplinêre aksies is maar telkens onbekeerde harte. Mense wat dink dis goed genoeg dat hy of sy hier is, of kerk toe gaan, of ten minste uiterlik 'n mooi lewe lei, terwyl Christus nooit die kans kry om hart en gedagtes ook nuut te maak nie. Bid dat die Here ware bekering en nuwe lewe sal werk in elkeen.
Op 'n meer positiewe noot: Ons het 'n baie spesiale dankie-sê fees gehad saam met personeel, studente en besoekers. Die Here is geloof in word en lied en dans – en sommer met 'n lekker ete ook. Dit was 'n ware fees!
Bid asb. saam met ons dat ons personeel en studente goed sal uitrus die vakansietyd. Ook dat hulle bewaar sal word van die bose. Bid ook saam met ons dat die Here studente se harte sal gereedmaak en sal stuur vir die kerklike werker kursus wat in Januarie begin.
Dis Kerstyd. Hier vanuit ons mooi Mosambiek sonder kersliggies of kersboompies wil ons vir julle elkeen 'n geseënde Kerstyd toewens – sonder die uiterlike skyn, maar gevul met die volle krag van nuwe lewe wat van binne af opbruis – die krag van nuwe geboorte in Christus.
Dankie vir al julle liefde en vriendskap.
Willem & Carol